A very big thank you to those of you who visit our site and keep an active interest in the rhino poaching tragedy. Our rhinos are in very deep trouble, the poaching threat is ever-evolving and increasingly sinister while the challenges and dangers mount against rhino reserves and their brave rangers. Irrespective of how hard this gets we are committed for the long haul, and for our rhinos sake we’re counting on you too……
VISITOR COUNT



POACHED RHINO 2010
2014: 787 (as at 22 Sept)
REWARD FUNDS RAISED SO FAR
R 407 772,00
Petition Icon REGISTERED SUPPORTERS
33932
 
RHINO OWNERS LOGIN  
Pilots against poaching AVIATION AGAINST POACHING  


SUPPORT

Bassair Aviation Nico Grobler Studio 50/50 Carte Blanche

WELKOM OP ONS WEBTUISTE

Die renostersloping-epidemie in Suider Afrika het ‘n punt bereik waar diere op ‘n daaglikse basis doodgemaak word.

Hierdie webstuiste is geskep om die volgende doelstellings te bereik:

  1. Om voortdurend, deur toegewyde media veldtogte, bewustheid en ondersteuning by die publiek te kweek en aan te moedig. Die"Home Page" sal die jongste beskibare stroping syfers reflekteer en die flikker band sal die nuutste ontwikkelings kommunikeer soos dit vrygestel word.
  2. Om as ‘n aanlyn rapportering sisteem vir renoster stropings en verwante sake te dien. Inligting en wenke sal direk aan die SAPD Bedreigde Spesies lessenaar herlei word.
  3. Om individue en instansies wat die stropery van Bedreigde Spesies in Suid-Afrika ten sterktste veroordeel, te registreer.
  4. Om ‘n aanlyn kommunikasie platvorm aan alle belanghebbendes aan te bied en ondermeer ‘n platvorm te skep waar alle renoster eienaars in Suid Afrika kan inskakel deur middel van ‘n veilige internet stelsel. Die "Rhino Owners Login" bladsy bevat belangrike en handige dokumente spesifiek gerig op die renoster eienaars, registreer asseblief mense.
  5. Om as ’n aanlyn inligting insameling sisteem te dien, ter aanvulling van bestaande data basisse. Aanlyn vorms sluit ‘n registrasie vorm vir helikopter vlieeniers / eienaars en ‘n stroping insident voorlegging vanaf renoster eienaars in.
  6. Om finansiele ondersteuning van korporatiewe en individuele donateurs aan te spoor wat gebruik sal word om renoster beskermingsprojekte van stapel te stuur in Suid Afrika. Al die fondse wat geskenk word, sal bestuur word deur die Renoster Kamer van Wildbedryf Suid Afrika, 'n nie-winsgewende organisasie wat die wilds boere as 'n nasionale liggaam in Suid Afrika verteenwoordig.

Hoë tegnologie stropery

Die sleutelfigure agter hierdie sindikate het ‘n platvorm tot stand gebring wat wildstropery na nuwe vlakke sal neem regoor die hele Afrika en hou veral ‘n reuse ongemoniteerde risiko in vir renoster- en olifantbevolkings in natuurgebiede oor die hele vasteland.

Die gebruik van helikopters (en moontlik ook vastevlerk vliegtuie), pylgewere en verdowingsmiddels het wildstropery na nuwe vlakke geneem. Die tradisionele metode van "stropery te voet" is vervang met hoë-tegnologie lugaanvalle wat slegs opgemerk word lank nadat die skuldiges die misdaadtoneel spoorloos verlaat het. In sommige gevalle word helikopters of vliegtuie gebruik om die stropers op die grond na die diere te lei terwyl daar ook uit die lug seker gemaak word dat niemand van hulle bewus is of hulle dophou nie.

Die mees ontstellende faktor is dat die metodes wat deur hierdie sindikate gebruik word soortgelyk is aan die metodes wat gebruik word deur wildsbevangers vir roetine-ondersoeke nodig vir die bestuur van renosterbevolkings in reservate. Die feit dat helikoptervlieeniers - en daar is 'n hele paar betrokke – hul dienste verskaf en meedoen aan hierdie aaklige praktyke regoor die land gaan alle verstand te bowe. Bowenal, die feit dat hoog geskeduleerde dieremedisyne en -verdowingsmiddels gebruik word, bevestig dat veeartse betrokke is en/of dat medisyne op die swartmark verkry word.

Vir hulle ongelooflike grootte het renosters baie swak sig en maak hulle op hul gehoor en reuk sintuie staat om hulle van aankomende gevaar te waarsku, wat dit moontlik maak vir ervare jagters om hulle te volg en te bekruip en dan te skiet – of met een of twee goed geplaasde doodskote (hierdie stropers is baie ervare jagters) of deur immobiliseer skote deur die knie / been gevolg deur verspreide vuur na die hele dier.

In die gevalle waar renosters nie per voet platgeskiet word nie, is daar gestaafde bewyse dat helikopters gebruik word om die diere op te spoor en te skiet of te verdoof. ‘n Helikopter vergemaklik toegang en verseker ‘n vinnige wegkom en die nuutste verslae dui daarop dat die registrasie nommers op die stert en/of maag van die helikopter toegeplak of vervals word.

Waar diere verdoof word, word hulle suksesvol bygebring of ‘n oordosis toegedien afhangend van die sindikaat. Oorgedoseerde diere word met ‘n dodelike mengsel gepyl wat wel vinnig mag doodmaak, maar die karkas bewyse dui op groot stres voor vrekte. In gevalle waar diere gepyl is maar nie oordoseer is nie, hang die oorlewing van die dier in geheel van die “meegevoel” van die dief af. In sommige gevalle word die horings bo die wortel lyn afgesaag, soos met ‘n roetine onthoring, waar die dier geen wonde opdoen nie en weer bygebring word. Alhoewel steeds onverskoonbaar kom die dier ten minste met sy lewe weg. In ander gevalle word die horing brutaal verwyder om die dier te laat rondswerf om weens bloedverlies te vrek of te ly van die onbehandelde stompies. ‘n Paar van sulke diere het intussen gevrek weens die omvang van hulle wonde; die stropers sny soveel moontlik af.

Stopers diskrimineer nie waneer horings gevat word nie, wat bewys kan word deur die getal dragtige koeie of koeie met kallers wat dood gemaak word. Kallers word of ook doodgemaak; die skyfie horing van hulle gesigte afgekap, of gelos om te kwyn langs hulle dooie ma’s. Die verlies van teelkoeie en kallers is een wat geen renoster spesie kan bekostig nie.

Aan elke persoon daar buite wat al ‘n onvergeetlike ervaring gehad het deurdat hulle ‘n renoster in die natuur kon besigtig, aan elke persoon daar buite wat dit graag nog wil beleef, en aan almal wat hulself ‘n liefhebber van die natuur ag, wat wildsbewaring ondersteun en wat ‘n mens is, laat ons as ‘n nasie trots saamstaan en aksie neem teen die slopery van hierdie wilde diere.